Bedanking aan nuwe veeartse
SEDERT 1974 lê Franse poedels ons na aan die hart, hulle is uiters slim, verloor nie hare nie, is baie vriendelik en uitstekende waghonde. Tans het ons twee van hierdie prag honde, Jacobus is wit en sy sussie swart, albei nege jaar oud. Jacobus het ‘n stryd met vergroeisels en na die aftrede van ons …
SEDERT 1974 lê Franse poedels ons na aan die hart, hulle is uiters slim, verloor nie hare nie, is baie vriendelik en uitstekende waghonde.
Tans het ons twee van hierdie prag honde, Jacobus is wit en sy sussie swart, albei nege jaar oud.
Jacobus het ‘n stryd met vergroeisels en na die aftrede van ons jarelange veearts, dr. Ferdie Bingle het ons hom na Antoinette Hamman en Sonja Coetzee geneem, die nuwe veeartse wat in dr. Bingle se plek ingeskuif het. Hulle het dadelik vir Jacobus opereer en hy het wonderbaarlik herstel.
Twee weke later is Jacobus weer geopereer om die wortel van die kwaad finaal te verwyder en vandag is hy weer springlewendig en gesond danksy Hamman en Coetzee.
Baie dankie Antoinette en Sonja vir jul puik diens.
Groete
Louis en Christine Rossouw
