Leser is baie bekommerd oor haar skokkende elektrisiteitrekening
EK en my man is beide pensioenarisse en bly al vir die afgelope 17 jaar in Koedoestraat nommer ses. Ons elektrisiteitsrekening was nooit meer as R600 ‘n maand nie, maar vandag kry ek rekeninge van R41 858. Die reuse verandering het in 2013 plaasgevind nadat die weerlig ons elektrisiteitsboks uitgeslaan het en die munisipaliteit hom …

EK en my man is beide pensioenarisse en bly al vir die afgelope 17 jaar in Koedoestraat nommer ses. Ons elektrisiteitsrekening was nooit meer as R600 ‘n maand nie, maar vandag kry ek rekeninge van R41 858.
Die reuse verandering het in 2013 plaasgevind nadat die weerlig ons elektrisiteitsboks uitgeslaan het en die munisipaliteit hom kom vervang het, vandaar het die rekening elke maand gestyg.
Ek kon dit nie verstaan nie, ons werk baie spaarsamig met ons krag sit selfs die geyser af en steeds het die rekening bly klim.
Ek het ‘n paar keer met verskeie mense by die Mogalakwena munisipaliteit daaroor gepraat tot een persoon vir my verduidelik het dat die fout ingekom het by die vervanging van die elektrisiteitsboks in 2013. Dit is nooit aangeteken dat hy vervang is nie.
Nadat ek al ‘n bedrag van R7 143, betaal het, wat ek nie maandeliks kon afbetaal nie anders sit hul ons krag af, is die fout nou reggestel, maar word daar gesê dat ek nou maandeliks ‘n rekening van R2000 kan verwag. Ek het dus besluit om ‘n prepaid kragmeter te laat installeer. Ek hoop die munisipaliteit installeer vinnig my kragmeter, want ek kan nie elke maand ‘n elektrisiteitsrekening van R2 000 betaal nie.
Ek wil graag die gemeenskap bewus maak van my situasie en ek hoop deur hierdie boodskap word agterlosige foute waarvoor onskuldige mense geboet word nie meer gemaak nie.
Groete
Hester Jonker
Bosveld het met Johan Fourie, bestuurder elektriese dienste by Mogalakwena munisipaliteit, gepraat en hy het ons verseker dat die saak ondersoek word en sodra hy al die feite het sal hy terugvoering gee.
– Redakteur
