BlogsOpinion

Diensbare vriende

Te midde van . . . Party mense is van nature gewild. Mense hou eenvoudig net van hulle.

Elana Greyling

Party mense is van nature gewild. Mense hou eenvoudig net van hulle.

My broer is so ‘n mens. Menses al behoorlik vuis slaan om vir hom iets te doen. Hulle val oor hulle voete om hom te help, vir hom gunsies te doen of sommer net te bederf. Ek moet erken, ek ook. Hy is nou maar net eenmaal so mooi en nog oulik ook, mense kan hulle self nie help nie.

Sulke mense het gewoonlik hope vriende. Dis hulle wat ‘n sosiale kalender nodig het om al hulle afsprake te kan skeduleer. Hulle het trippel syfers Gesigbladvriende en lang lyste telefoonnommers op hulle selfone.

Maar ander mense is soos ek. Ons val in die klas van diensbare vriende. Mense soos ek het gewoonlik twee of drie vriendinne. Dis iemand wat jy lankal ken en nie anders kan as om vriende te wees met jou nie. Dikwels is hulle ook net dankbaar omdat jy so diensbaar is. Ek het vriendinne wat ek in gunsie-kategoriee verdeel. Daar is die waarvoor ek bake en kos maak, die wat hulle sorge by my kom bekla en wat eerlikwaar glo dat ek ‘n stil mens van nature is, die wat my vir hulle laat skryf, laat fondse insamel, laat kaartjies verkoop, laat kinders oppas.

Jy weet mos. Daar is die mense wat weet waar jou talente le en weet hoe om dit te gebruik, te benut en te implementer.

Maar dis alles reg. Solank ek net diensbaar kan wees.  Dit maak nie van my ‘n vloerlap of ‘n deurmat nie, al dink my ma so. Dit moet sekerlik die eensaamste gevoel wees as mens vir niemand meer dinsbaar kan wees nie.

As mens net een ding op ‘n dag vir iemand anders kan doen, is jy ‘n nuttige mens, is jy nie?

Probeer dit gerus. Al is jy een van daardie gewildes onder die gewildstes, doen ‘n slag vir iemand anders iets. Dis verfrissend en bevrydend. Onthou net om ook vir jouself soms iets te doen en seker te maak, jy het ook ‘n diensbare vriendin of twee!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button