Sport
Noordeliks skuif op teen Boet Fick-punteleer
RC Myburgh BB Truck Noordelikes se tweedespan het na afloop van die naweek se vyfde ronde van die Boet Fick-liga opgeskuif na die eerste plek op die punteleer. Noordelikes deel tans die eerste plek met Dendron nadat Noordelikes Saterdag op hul tuisveld die span van Louis Trichardt 24-19 geklop het. Die eerste-span-punteleer word steeds deur …
RC Myburgh
BB Truck Noordelikes se tweedespan het na afloop van die naweek se vyfde ronde van die Boet Fick-liga opgeskuif na die eerste plek op die punteleer.
Noordelikes deel tans die eerste plek met Dendron nadat Noordelikes Saterdag op hul tuisveld die span van Louis Trichardt 24-19 geklop het. Die eerste-span-punteleer word steeds deur Louis Trichardt oorheers, maar na Saterdag se wedstryd waarin Noordelikes, Louis Trichardt 34-22 geklop het, is Polokwane se rooispan slegs twee punte agter die voorlopers.
Noordelikes se derdespan het ook in hul kragmeting met 28-19 geseëvier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



