Sport

Gimnastiek­loopbaan eindig op hoë noot vir Jeanie

“Met harde werk en deursettingsvermoë is sy die mees gevorderde artistiese meisiesgimnas in Limpopo. Sy was ook die enigste gimnas van die provinsie wat aan die federasie se Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem het en het boonop drie medaljes verower. Sy het ‘n silwer medalje vir haar vloerprogram en brons medaljes vir die brug en …

“Met harde werk en deursettingsvermoë is sy die mees gevorderde artistiese meisiesgimnas in Limpopo. Sy was ook die enigste gimnas van die provinsie wat aan die federasie se Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem het en het boonop drie medaljes verower. Sy het ‘n silwer medalje vir haar vloerprogram en brons medaljes vir die brug en spronge gewen.”
Só som Zani Prinsloo, mede-eienaar en hoofafrigter van Zanis Gymnastics Academy Jeanie Hatzikyriacos se gimnastiekprestasies op.
Jeanie, ‘n vlak 7-gimnas het onlangs haar gimnastiekloopbaan op dié hoë noot afgesluit nadat sy as vierjarige haar eerste bollemakiesie by Zanis gemaak het en een van ‘n handjievol gimnaste is wat tot die gespesialiseerde vlak vorder.
“Van vlak 6 af raak die apparate en spronge baie ingewikkelder en dit verg harde oefening en konsentrasie om op dié vlak te pres­teer, ” sê Prinsloo.
Sy wil na skool verpleging deur Mediclinic studeer en hoop om daarna uiteindelik as fisioterapeut te kwalifiseer.
“My gimnastiekloopbaan is dalk nog nie heeltemal verby nie. Ek sal kyk hoe dinge verloop en dalk verder aan my gunstelingsport deelneem.”
Na 14 jaar as gimnas erken sy dit het uithouvermoë gekos om so ver te vorder.
“Gimnastiek is iets wat ek altyd wou doen as ontsnaproete van my daaglikse roe­tine. As ek by die gimnastieksaal ingestap het, was ek in ‘n ander wêreld. Ek wil almal by Zanis bedank vir ‘n wonderlike tyd,” sê Jeanie.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button