Sport

Limpopo-rugbywenners Saterdag bepaal

Die wedstryd om die Limpopo-klubrugbywenners te bepaal word Saterdag op Noordelikes se veld gespeel nadat dit die afgelope naweek deur die skeidsregter afgelas is weens swak lig. BB Truck Noordelikes en Northam Rhinos het mekaar Saterdagmiddag die stryd aangesê, maar tydens halftyd het die sprei­ligte afgegaan. “Van die ligte het na ‘n tyd weer begin …

Die wedstryd om die Limpopo-klubrugbywenners te bepaal word Saterdag op Noordelikes se veld gespeel nadat dit die afgelope naweek deur die skeidsregter afgelas is weens swak lig.
BB Truck Noordelikes en Northam Rhinos het mekaar Saterdagmiddag die stryd aangesê, maar tydens halftyd het die sprei­ligte afgegaan.
“Van die ligte het na ‘n tyd weer begin skyn, maar die skeidsregter het besluit om die wedstryd af te las,” sê Noordelikes se hoofafrigter, Frederik Romijn.
Die wedstryd sal na verwagting Saterdag om 15:00 gespeel word.
In aanloop tot hierdie groot wedstryd het verskeie klubs in die provinsie aan ‘n driedrukkompetisie deelgeneem waar spanne nie toegelaat is om tydens wedstryde te skop nie. Punte is slegs volgens die aantal drieë toegeken wat deur elke span aangeteken is.
Die Universiteit van Limpopo het Man­kweng Rugbyklub met 2-1 geklop terwyl Dendron Rugbyklub die knie met 1-3 voor Pietersburg Dorp moes buig.
Messina Rugbyklub het met 2-0 die oorhand teen die Universiteit van Venda gekry terwyl Letaba met 6-2 teen Noordelikes geseëvier het.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button