Sport

Stof gholfstokke af ten bate van welsyn

Hulp in elke behoefte (Hieb) se jaarlikse gholfdag vind vanjaar op 15 Oktober op die Polokwane Gholfbaan plaas en belangstellendes kan tot volgende Woensdag inskryf. Die dag bied ‘n geleentheid vir gholfspelers om ‘n bydrae tot die welsyn van minderbevoorregtes te maak terwyl hulle ‘n heerlike dag op die baan geniet. Afslaantyd is vanaf 10:00 …

Hulp in elke behoefte (Hieb) se jaarlikse gholfdag vind vanjaar op 15 Oktober op die Polokwane Gholfbaan plaas en belangstellendes kan tot volgende Woensdag inskryf. Die dag bied ‘n geleentheid vir gholfspelers
om ‘n bydrae tot die welsyn van minderbevoorregtes te maak terwyl hulle ‘n heerlike dag op die baan geniet. Afslaantyd is vanaf 10:00 en die setperkfooi beloop R5 000 per span en sluit etes en vermaak in, maar nie gholfkarretjies en joggiefooie nie. ‘n Bof of setperkadvertensie per span is ingesluit en die dag se spel sal in vierbalalliansie “two scores to count” gespeel word.
Betalings is belastingaftrekbaar en sertifikate sal op aanvraag uitgereik word. Aantreklike pryse kan gewen word en die organiseerders beloof ‘n karnavalatmosfeer.
Organiseerders Dina Pretorius en Heloise Fourie kan onderskeidelik by 083 628 9249 of 015 007 0041 vir verdere navrae en inskrywingsvorms geskakel word.
E-posse kan aan selectprojects@mweb.co.za of pitchers@mweb.co.za gerig word.

BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button