Sport

Toets 4×4 vernuf ten bate van Sunflower Beenmurgfonds

Dié naweek kan 4×4-entoesiaste deel wees van die BB Suzuki Polokwane 4×4 Sunflower Beenmurgfonds-byeenkoms wat op Munnik, sowat 40 km buite die stad op die Modjadjiskloofpad, aangebied word. Geld wat gedurende die geleentheid ingesamel word, sal aan die Sunflower Beenmurgfonds geskenk word. Hierdie organisasie stel dit ten doel om die Suid-Afrikaanse beenmurg­register op datum te …

Dié naweek kan 4×4-entoesiaste deel wees van die BB Suzuki Polokwane 4×4 Sunflower Beenmurgfonds-byeenkoms wat op Munnik, sowat 40 km buite die stad op die Modjadjiskloofpad, aangebied word.
Geld wat gedurende die geleentheid ingesamel word, sal aan die Sunflower Beenmurgfonds geskenk word. Hierdie organisasie stel dit ten doel om die Suid-Afrikaanse beenmurg­register op datum te hou, nuwe skenkers te werf en bewusma­king te skep. Deur hul werk het die getal geregistreerde skenkers van 800 in 2007 tot 70 000 in Julie vanjaar gegroei.
Dit beloof om ’n dag vol pret en plesier te wees en 4×4-eie­naars kan die geleentheid kry om hul voertuie se vermoëns en hul eie vernuf op die uitdagende baan te toets.
Koste beloop R1 200 vir spanne van twee tot vier persone wat basiese kampgeriewe insluit. Spanne wat slegs Saterdag wil deelneem, sal R1 000 opdok.
“Belangstellendes moet hierdie byeenkoms nie misloop nie. Dit is die ideale geleentheid om op ’n prettige manier ’n verskil in iemand anders se lewe te maak,” sê Yvet Westcott van BB Suzuki Polokwane. Die uitdaging begin reeds môre (Vrydag) tot Sondag.
Vir meer inligting kan Westcott by 083 291 5197 geskakel word, of ‘n e-pos kan na admin1@bbsuzuki.co.za gestuur word.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button