Vier rekords spat by Marius Lengton-atletiek
Dertig jaar nadat die eerste Marius Lengton Gedenkatletiekbyeenkoms deur Hoër Tegniese Skool Tom Naudé aangebied is, bly dit ‘n gesogte geleentheid wat atlete van regoor Limpopo en die buurprovinsies lok. Saterdag het dié samekoms drie dekades van sukses gevier met atlete van 14 skole wat teen mekaar kragte gemeet het. Die Marius Lengton Gedenkatletiekbyeenkoms word …
Dertig jaar nadat die eerste Marius Lengton Gedenkatletiekbyeenkoms deur Hoër Tegniese Skool Tom Naudé aangebied is, bly dit ‘n gesogte geleentheid wat atlete van regoor Limpopo en die buurprovinsies lok.
Saterdag het dié samekoms drie dekades van sukses gevier met atlete van 14 skole wat teen mekaar kragte gemeet het. Die Marius Lengton Gedenkatletiekbyeenkoms word jaarlikse ter nagedagtenis van die ontslape Tommie en kranige atleet, Marius Lengton gehou.
“Danksy voormalige Tommie-hoof, Ferdi Preller, Marius se ma, Maureen, en voormalige Tommie-leerkrag, Danie Roux, het hierdie besondere byeenkoms een met ‘n ryke geskiedenis en pragtige tradisies geword. Dertig jaar is ‘n uitsonderlike mylpaal,” sê Tom Naudé se waarnemende skoolhoof, Piet Holtzhausen.
Hoërskool Pietersburg (PHS) is met 297 punte as wenners van die byeenkoms aangewys, gevolg deur Hoërskool Rob Ferreira van Witrivier (225) en Hoërskool Ben Vorster (214). PHS se atlete het 22 goue-,
18 silwer- en 10 bronsmedaljes ingepalm.
Vier rekords is ook verbeter. PHS se Wicus Neethlingh het die 100 m
hekkies vir seuns o.14 in 13,87 sekondes voltooi, terwyl Christiaan Smit van Hoërskool Ben Vorster die verspring vir seuns o.14 met ‘n reuse sprong van 5,89 m gewen het.
Curro Heuwelkruin se atlete het twee rekords laat spat. Arno Horn het die spiesgooi vir seuns o.16 met ‘n praggooi van 62,19 m gewen, en die skool se blitsige meisiesaflosspan het die 400 m-aflos in 49,48 sekondes kafgedraf.
RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com






