Dagboek atletiekklub se wedlope betyds
Polokwane Atletiekklub (PAC) nooi atlete en belangstellendes uit om vanjaar se byeenkomste op die klub se kalender vroegtydig te dagboek. Die eerste geleentheid is reeds Saterdag wanneer die klub in samewerking met Seeff Eiendomme die jaarlikse Seeff Road Race, wat vanjaar vir die eerste keer ‘n 21,1 km-wedloop insluit, aanbied. Op 20 Februarie kan atlete …
Polokwane Atletiekklub (PAC) nooi atlete en belangstellendes uit om vanjaar se byeenkomste op die klub se kalender vroegtydig te dagboek.
Die eerste geleentheid is reeds Saterdag wanneer die klub in samewerking met Seeff Eiendomme die jaarlikse Seeff Road Race, wat vanjaar vir die eerste keer ‘n 21,1 km-wedloop insluit, aanbied.
Op 20 Februarie kan atlete aan die gewilde Modern Autohaus 4-in-1, wat aan atlete ‘n 5 km-, 10 km-, 21 km- en 42 km-wedloopopsie bied, deelneem.
Op 30 April word dieselfde afstande tydens die Polokwane Mayor’s 4-in-1 Road Race aangebied en op 14 Mei bied die departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme (Ledet) ‘n 5 km-, 10 km- en 21 km-wedloop aan.
Die gesogte Savannah Mall 3-in-1 vind op 23 Julie plaas met die Hannelie Steyn Gedenkwedloop wat op 10 September gehou word. Beide byeenkomste bied aan atlete 5 km-, 10 km- en 21 km-wedloopgeleenthede.
Die jaar word afgesluit met die Mazda Polokwane Nite Race op 7 Oktober.
Vir meer inligting oor die byeenkomste kan PAC-voorsitter Corrie Calitz by 072 149 2674 geskakel word.
RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



