Sport

Eagles-tweedespan stoom voort

Die plaaslike Eagles Krieketklub se tweedespan het Saterdag en Sondag skoonskip op die krieketveld gemaak tydens promosie-ligawedstryde wat onderskeidelik in Polokwane en Tzaneen gespeel is. Eagles het die eerstespan van die Universiteit van Venda (Univen) Saterdag op Nirvana se krieketovaal die stryd aangesê. Univen het eerste gekolf en die Eagles het hul teenstanders na 82 …

Die plaaslike Eagles Krieketklub se tweedespan het Saterdag en Sondag skoonskip op die krieketveld gemaak tydens promosie-ligawedstryde wat onderskeidelik in Polokwane en Tzaneen gespeel is.
Eagles het die eerstespan van die Universiteit van Venda (Univen) Saterdag op Nirvana se krieketovaal die stryd aangesê. Univen het eerste gekolf en die Eagles het hul teenstanders na 82 lopies uitgeboul en met agt paaltjies gewen.
Eagles het Sondag met vyf paaltjies oor Phoenix Krieketklub van Tzaneen se eerstespan geseëvier deur hulle vir 131 lopies uit te boul op Hoërskool Ben Vorster se veld. Dewald Weterman, kaptein van die Eagles-tweedespan sê hulle het nog net drie wedstryde vir die seisoen oor en hoop om dit op ‘n hoë noot af te sluit.

Eagles-tweedespanspeler, Charles van der Walt  gereed om die bal te moker tydens Saterdag se wedstryd.
Eagles-tweedespanspeler, Charles van der Walt gereed om die bal te moker tydens Saterdag se wedstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button