Sport

Groot rugby Saterdag by Noordelikes

Uitstekende rugbyaksie behoort Saterdag BB Truck Noordelikes se kwarteind-wedstryd van die Assupolreeks teen Middelburg Rugbyklub te kenmerk. “’n Wen is vir beide spanne belangrik omdat dit sal bepaal wie na die semifinaal deurgaan. Harde rugby is definitief op die program en toeskouers kan gerus die dag saam met ons kom geniet,” sê Noordelikes-hoofafrigter, Frederik Romijn. …

Uitstekende rugbyaksie behoort Saterdag BB Truck Noordelikes se kwarteind-wedstryd van die Assupolreeks teen Middelburg Rugbyklub te kenmerk.
“’n Wen is vir beide spanne belangrik omdat dit sal bepaal wie na die semifinaal deurgaan. Harde rugby is definitief op die program en toeskouers kan gerus die dag saam met ons kom geniet,” sê Noordelikes-hoofafrigter, Frederik Romijn.
Noordelikes het volgens hom die afgelope twee weke hard geoefen vir Saterdag se kragmeting. “Die spanne is reg om Middelburg te pak. Daar is spelers wat as gevolg van beserings buite aksie is, maar die res is positief en goed voorbereid,” sê hy.
Die o.21-spanne sê mekaar om 13:00 die stryd aan waarna die tweede spanne om 15:00 op die veld sal draf. Die hoofwedstryd tussen die twee klubs se eerste spanne begin om 16:00. Ingangsfooi is R20 per voertuig en eet- en drinkgoed sal te koop wees.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button