Sport

Noordelikes deur na Assupol-semifinaal

BB Truck Noordelikes se eerste- en tweede-spanne het hul plek in die semifinaal van die Assupol-reeks verseker nadat hulle Saterdag die oorhand teen Middelburg Rugbyklub gekry het. Die tweedespan het dit gou duidelik gemaak dat daar nie met hulle gemors gaan word nie en het binne die eerste vyf minute van die wedstryd agter die …

BB Truck Noordelikes se eerste- en tweede-spanne het hul plek in die semifinaal van die Assupol-reeks verseker nadat hulle Saterdag die oorhand teen Middelburg Rugbyklub gekry het.
Die tweedespan het dit gou duidelik gemaak dat daar nie met hulle gemors gaan word nie en het binne die eerste vyf minute van die wedstryd agter die pale gaan kuier. Noordelikes het die wedstryd 20-18 gewen.
Die eerstespan was sedert die afskop goed op dreef, maar volgens hoofafrigter, Frederik Romijn was die agterlyn nie op standaard nie.
“Die span het goed in die skrums en lynstane gevaar, maar ons sal aan die basiese vaardighede van die agterlyn moet werk,” sê hy. Die eerstespan het hulle wedstryd 20-10 gewen.
Beide spanne speel Saterdag in die semi-finaal, maar teen druktyd was die plek en die opposisiespanne nog nie bekend nie.

Featured Photo: Noordelikes se eerstespanspeler, Sias van Wyk vind ‘n gaping tussen die spelers.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Eerste-spanspeler, Thyman Jongbloed gly op die nat veld.
Eerste-spanspeler, Thyman Jongbloed gly op die nat veld.
Koning Janse van Rensburg van Noordelikes se eerstespan wen veld.
Koning Janse van Rensburg van Noordelikes se eerstespan wen veld.
Riaan van Niekerk van die Noordelikes se tweedespan word platgetrek.
Riaan van Niekerk van die Noordelikes se tweedespan word platgetrek.
Tweedespanspeler, Theuns Heenop stoomroller deur sy opponente se verdediging.
Tweedespanspeler, Theuns Heenop stoomroller deur sy opponente se verdediging.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button