Sport

Suksesvolle Mall of the North Marathon op 9 April aangebied

Atlete kan vanjaar slegs vooraf tot op 31 Maart vir die gewilde Mall of the North Marathon inskryf wat op 9 April in die stad plaasvind en waarin groot pryse gewen kan word. Die marathon is die ideale geleentheid vir laatslapers om vir die Comrades te kwalifiseer en kos R150. Wegspringtyd is 06:00. Die inskrywingsfooi …

Atlete kan vanjaar slegs vooraf tot op 31 Maart vir die gewilde Mall of the North Marathon inskryf wat op 9 April in die stad plaasvind en waarin groot pryse gewen kan word.
Die marathon is die ideale geleentheid vir laatslapers om vir die Comrades te kwalifiseer en kos R150.
Wegspringtyd is 06:00.
Die inskrywingsfooi vir die halfmarathon is R100 en atlete spring om 06:15 weg.
Die 10 km kos R80 en atlete spring om 06:30 weg. Atlete wat die 5 km wil voltooi, moet R40 opdok en om 07:00 aantree.
Al die atlete spring by Mall of the North by die oorloopparkeringsarea weg waar die eindpunt ook is. Tydelike lisensies kos R30 ekstra. Slegs 3 000 atlete in totaal sal toegelaat word volgens die organiseerders.
Vooraf aanlyninskrywings kan by www.mallofthenorth.co.za gedoen word. Inskrywingsvorms is by Total Sports in Mall of the North en Sportmans Warehouse by Thornhill, Fourways en Centurion beskikbaar.
Wedloopnommers, met betalingsbewys en wedloopnommer wat via SMS aan atlete toegeken is, kan van 1 tot 8 April by Mall of the North se hulptoonbank of op 8 April van 16:00 tot 20:00 by die beginpunt van die wedloop gedoen word. Alternatiewelik kan dit op die dag van die wedloop tussen 04:30 en 06:00 gedoen word.
Goue medaljes word aan die eerste drie atlete in elke kategorie toegeken, silwer-medaljes gaan aan die volgende 50 atlete in elk van die vier kategorieë en bronsmedaljes aan die res wat die onderskeie wedlope voltooi.
Afsonderlike prys-uitdelings sal as volg plaasvind: 10 km om 08:00, 21,1 km om 09:00 en die 42,2 km om 11:00.
Vir enige navae kan die wedlooporganiseerder en voor-sitter van Pietersburg Road Runners, Colinda Potgieter by 082 898 8341 of Johan van der Merwe by 082 877 3640 geskakel word.

ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button