Sport

Limpopo Blou Bulle kompeteer in o.20-Curriebeker

Die Limpopo Blou Bulle neem vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) o.20-Curriebeker deel en jong spelers word genooi om by Woensdagaande se oefeninge aan te sluit. Charles van Wyk, Limpopo Blou Bulle se kantoorbestuurder is opgewonde oor die toernooi en sê Limpopo het talentvolle jong rugbyspelers wat vir die span gekies kan word. “Ons sal …

Die Limpopo Blou Bulle neem vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) o.20-Curriebeker deel en jong spelers word genooi om by Woensdagaande se oefeninge aan te sluit.
Charles van Wyk, Limpopo Blou Bulle se kantoorbestuurder is opgewonde oor die toernooi en sê Limpopo het talentvolle jong rugbyspelers wat vir die span gekies kan word.
“Ons sal teen spanne soos die Valke, Griffons, Pumas, Suidwestelike Distrikte en Grens speel en wil graag vanjaar ons stempel afdruk,” sê Van Wyk.
Fiksheid- en kondisionerings­oefeninge begin reeds volgende Woensdag by Pietersburg Dorp Rugbyklub om 18:00 en jong spelers moet by die oefening aansluit om vir die o.20-span in aanmerking te kom.
Alhoewel die oefeninge by Pietersburg Dorp Rugbyklub plaasvind, sal spelers van alle rugbyklubs in ag geneem word wanneer die finale span gekies word.
Pietersburg Dorp Rugbyklub het sedert die begin van die jaar ongeveer 15 o.20-spelers ryker geword. “Ons berei die spanne nou voor vir die Boet Fick-liga wat volgende naweek begin en doen moeite met oefening om spelers topfiks te kry sodat hulle ‘n kans vir die Curriebekerspan het,” sê klubbestuurder, Pierre Venter.
Belangstellendes kan vir Venter by 078 225 1709 skakel.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button