Sport

Pietersburg Dorp spanne buig knie voor teenstanders

Die rugbyklub van Dendron en Louis Trichardt het Vrydag-aand skoonskip teen Dorp-rugbyklub gemaak toe hulle Dorp op hul tuisveld aangevat het. Tydens die tweede ronde van die Boet Fickliga-wedstryd het Dendron hulle teenstanders se tweedespan laat les opsê en hulle met 57-5 in die grond geboor. Henry Venter, hoof-afrigter sê hulle het vanjaar ‘n goeie …

Die rugbyklub van Dendron en Louis Trichardt het Vrydag-aand skoonskip teen Dorp-rugbyklub gemaak toe hulle Dorp op hul tuisveld aangevat het.
Tydens die tweede ronde van die Boet Fickliga-wedstryd het Dendron hulle teenstanders se tweedespan laat les opsê en hulle met 57-5 in die grond geboor.
Henry Venter, hoof-afrigter sê hulle het vanjaar ‘n goeie span en hy is tevrede met die spelers se spel.
Juan Vos, kaptein, is as speler van die wedstryd aangewys.
Dorp se eerstespan kon egter ook nie Vrydag-aand die mas teen die Louis Trichardt-span opkom nie en is met 3-27 afgeransel.

Hoof Foto: Leandri van Schalkwyk: Johan du Plooy, Dendron-speler wen die bal in die lynstaan.

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button