Sport

Zanis-Gimnaste se ryk medalje-oes by kompetisie

Zanis Gymnastics Academy-gimnaste se volgehoue uitmuntende prestasies is al algemene kennis en die onlangse Noord Zone Gimnastiekkompetisie was geen uitsondering nie. Die vlak 1 tot 3 gimnaste van die klub het 48 goue-, 18 silwer- en vyf bronsmedaljes in Kemptonpark verower. Mede-eienaar en hoofafrigter, Zani Prinsloo sê 71 gimnaste het teen deelnemers van Gauteng, Vaaldriehoek, …

Zanis Gymnastics Academy-gimnaste se volgehoue uitmuntende prestasies is al algemene kennis en die onlangse Noord Zone Gimnastiekkompetisie was geen uitsondering nie.
Die vlak 1 tot 3 gimnaste van die klub het 48 goue-, 18 silwer- en vyf bronsmedaljes in Kemptonpark verower. Mede-eienaar en hoofafrigter, Zani Prinsloo sê 71 gimnaste het teen deelnemers van Gauteng, Vaaldriehoek, Oos-Gauteng en ander Limpopoklubs gekompeteer. “Die kompetisie is die hoogste kompeterende byeenkoms vir vlak 1, 2 en 3 artistiese gimnaste. Elke gimnas het ‘n medalje op grond van sy of haar totaal op al vier apparate ontvang,” sê Prinsloo.
Die gimnaste wat algehele eerste plekke verwerf het, is Lejane Bredenkamp, Leane Lourens, Jani Wagner, Berco van der Linde, Aydon Venter en Pedri Neethling. Algehele naaswenners is Ansuretha Perold, Kgalalelo Valoyi, Izandri Baker, Viné van den Heever, Mentis Michaelangelo, Zaeem Cassim, Julian Lombard en Martin Weweje. Clarette du Plessis, Mia van der Merwe, Nicola Hough, Lulu Matoba, Xander Schnell en Kamogelo Rangoato het derde plekke verower.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Die meisiegimnaste van Zanis Gymnastics Academy het puik presteer tydens die Noord Zone-kompetisie.

Zanis Gymnastics Academy se seunsgimnaste het verskeie medaljes verower.
Zanis Gymnastics Academy se seunsgimnaste het verskeie medaljes verower.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button