Sport

Lim o.20-Blou Bulle deur na Curriebeker semifinaal

Die Limpopo Blou Bulle speel volgende Saterdag in die o.20-Curriebekersemifinaal teen die Griffons in Welkom nadat hulle Saterdag met 32-32 teen dieselfde span gelykop gespeel het. Dié wedstryd is by die ou Peter Mokaba Stadion in Polokwane gespeel en die Blou Bulle is tans vierde op die Curribekerranglys. Die Blou Bulle het sedert die afskop …

Die Limpopo Blou Bulle speel volgende Saterdag in die o.20-Curriebekersemifinaal teen die Griffons in Welkom nadat hulle Saterdag met 32-32 teen dieselfde span gelykop gespeel het.
Dié wedstryd is by die ou Peter Mokaba Stadion in Polokwane gespeel en die Blou Bulle is tans vierde op die Curribekerranglys.
Die Blou Bulle het sedert die afskop geweet die Griffons is vasbeslote om te wen nadat hulle binne vyf minute se speeltyd ses punte met twee strafskoppe op die telbord gesit het.
Die Bulle se Jason Makhari het die eerste drie van die wedstryd in die 19de minuut gedruk. Drie minute later het Juvan Stimie agter die doellyn gaan kuier, gevolg deur Theunis Sauer wat in die 31ste minuut ‘n drie gedruk het.
Mike Jacobs het vier minute voor die halfeindfluitjie in hul voetspore gevolg.
Driekus Kleynhans het met drie doelskoppe en ‘n strafskop geslaag terwyl Ronald van de Wetering ook ‘n strafskop tussen die pale deurgestuur het.
Die halfeindtelling was 32-15 in die Blou Bulle se guns.
Die Blou Bulle kon in die tweede helfte geen punte aanteken nie terwyl die Griffons met twee drieë, twee doelskoppe en ‘n strafskop geslaag het.

Story: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Photos: Herbert Rachuene

Featured photo: Juvan Stimie loop sy opponent storm. 

Jason Makhari loop hom teen die Griffons se verdediging vas.
Jason Makhari loop hom teen die Griffons se verdediging vas.
Mike Jacobs duik oor die doellyn.
Mike Jacobs duik oor die doellyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button