Johan Fuhri is The Ultimate Shot-koning
Die Ultimate Shot-skietkompetisie is die naweek by die Polokwane Skietklub gehou waartydens skuts van regoor die provinsie hul vernuf met ‘n reeks teikens getoets het. Die kompetisie het afdelings soos windbuks, kleiduif, 100 m-groepering en 200 m-plus gebied met groot pryse soos splinternuwe gewere op die spel. Plaaslike sakeman, Willie Cronjé het die kompetisie in …

Die Ultimate Shot-skietkompetisie is die naweek by die Polokwane Skietklub gehou waartydens skuts van regoor die provinsie hul vernuf met ‘n reeks teikens getoets het.
Die kompetisie het afdelings soos windbuks, kleiduif, 100 m-groepering en 200 m-plus gebied met groot pryse soos splinternuwe gewere op die spel.
Plaaslike sakeman, Willie Cronjé het die kompetisie in samewerking met arganiseerders aangebied.
“Wat dié kompetisie uniek maak, is dat deelnemers met wapens wat voorsien is, moes skiet wat hulle die geleentheid gegee het om te improviseer en nuwe handelsmerke en kalibers te toets. Eie wapens kon slegs in die 100 m-groepering gebruik word,” sê mede-organiseerder, Dewald Fuchs.
Johan Fuhri is as algehele beste skut aangewys, terwyl Martin Diedericks die 100 m-groepering gewen het.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
Hooffoto: Hannes Willemse lê aan met ‘n windbuks.





