Klub hersien ledegelde, kies komitee
Klublede van Pietersburg Road Runners (PRR) sal voortaan net jaarlikse ledegeld betaal en nie meer maandeliks opdok nie. Die besluit is tydens die klub se jaarvergadering geneem waartydens ook ‘n nuwe bestuurskomitee verkies is. Colinda Potgieter is vir ‘n tweede termyn die klubvoorsitter en sê van Januarie af sal atlete slegs ‘n minimale jaarlikse registrasiefooi …

Klublede van Pietersburg Road Runners (PRR) sal voortaan net jaarlikse ledegeld betaal en nie meer maandeliks opdok nie.
Die besluit is tydens die klub se jaarvergadering geneem waartydens ook ‘n nuwe bestuurskomitee verkies is.
Colinda Potgieter is vir ‘n tweede termyn die klubvoorsitter en sê van Januarie af sal atlete slegs ‘n minimale jaarlikse registrasiefooi betaal wat hul Atletiek Suid-Afrika (ASA)-lisensies insluit.
“PRR verwelkom atlete op alle fiksheidvlakke, van beginners tot gesoute Comradesatlete, en klublede kan van die beste advies en ondersteuning verseker wees,” sê sy.
Die klub wil ook atlete wat op korter afstande fokus, werf. Lede kan by daaglikse oefengroepe aansluit om kameraadskap en motivering te bevorder.
Die klub vier volgende maand hul agste bestaansjaar en het verskeie topatlete, insluitend Comrades goue medaljewenners, opgelewer.
Belangstellendes kan ‘n e-pos na pietersburgroadrunners@gmail.com stuur of Potgieter kan by 082 898 8341 geskakel word.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
Hooffoto: PRR se nuwe bestuurskomiteelede is Colinda Potgieter, voorsitter, Johan van der Merwe, tesourier, en Antonette Mynhardt, sekretaris. In die middel is Johanna Mashishi, vroulike ontwikkeling, Jacoline Potgieter, sosiale aangeleenthede, en Evelyn Cloete, sosiale aangeleenthede en ondersteuning. Agter is Werner Potgieter, sosiale aangeleenthede en bemarking, Nethuel Netshifhefhe, manlike ontwikkeling, en Martin Potgieter, klubhuisbestuurder. Jessica van Tonder, klubkaptein, en Phuti Mohale, ledewelstand,was afwesig.



