Tennistoernooi vir jong spelers
Verskeie leerders het die vakansietyd gebruik om hul tennisvernuf tydens ‘n vriendskaplike toernooi wat verlede week in Polokwane aangebied is, op te skerp. Sarel van Rooyen, plaaslike afrigter, sê hy bied jaarliks drie toernooie aan omdat tennisspelers só geleentheid kry om hul vaardighede teen ander te toets en terselfdertyd goeie oefening kry. “Alhoewel daar ‘n …

Verskeie leerders het die vakansietyd gebruik om hul tennisvernuf tydens ‘n vriendskaplike toernooi wat verlede week in Polokwane aangebied is, op te skerp.
Sarel van Rooyen, plaaslike afrigter, sê hy bied jaarliks drie toernooie aan omdat tennisspelers só geleentheid kry om hul vaardighede teen ander te toets en terselfdertyd goeie oefening kry.
“Alhoewel daar ‘n wenner in elke ouderdomsgroep aangewys word, bly dit ‘n vriendskaplike byeenkoms. Goeie tennisspelers is dikwels ook uitblinkers in rugby, hokkie of netbal. Wanneer ‘n speler se skedule te besig raak, is tennis die eerste sportkode wat afgeskeep word. Ek probeer spelers help om hul liefde vir die sport te behou deur ‘n toernooi te organiseer waarin hulle voluit kan speel,” sê Van Rooyen.
Tennisspelers van sewe tot 19 jaar van verskeie skole in en rondom die stad het aan die tweedaagse toernooi deelgeneem.
Storie en foto’sL RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
Hooffoto: Chrizlynn de Beer storm vorentoe.






