Sport

Gedenkren vier jongman se lewe, klubfinaal

Polokwane Oval se klubfinaal wat Saterdag saam met ‘n gedenkren vir die ontslape ovaalrenjaer, Louis Ruytenberg in Mokopane gehou is, is goed deur renjaers ondersteun. “Renjaers van sover as Gauteng het aan die wedren deelgeneem, om nie net ons klubfinaal te voltooi nie, maar ook Ruytenberg se passie­volle lewe vir ovaalresies te vier,” sê Polokwane …

Polokwane Oval se klubfinaal wat Saterdag saam met ‘n gedenkren vir die ontslape ovaalrenjaer, Louis Ruytenberg in Mokopane gehou is, is goed deur renjaers ondersteun.
“Renjaers van sover as Gauteng het aan die wedren deelgeneem, om nie net ons klubfinaal te voltooi nie, maar ook Ruytenberg se passie­volle lewe vir ovaalresies te vier,” sê Polokwane Oval-sekretaresse, Janine van Breda.
Kerse is gebrand en ballonne is vrygelaat voor die wedren begin het.
Tanieka Bent was die wenner van die Ninja Midget-klas terwyl Adriaan Jordaan as wenner van die Rookie-klas uitgetree het.
Herman Nel was onoorwonne in die Stockrods terwyl Ruan Maree sy slag in die 1660 Modifieds-afdeling gewys het.
Die Durant-familie bestaande uit Johnny snr, Rudolf en Johnny jnr was die gunstelinge in die 2,1 liter modified-klas en het al drie posisies op die podium ingeneem.
Banie Oelofse het sy opponente in die pintos-klas getroef met Rian van Niekerk wat ander jaers in die hotrod-klas min kans op sukses gegee het.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Ballonne word deur familie en geliefdes ter ere aan Louis Ruytenberg, ‘n 19-jarige ovaalrenjaer wat onlangs verongeluk het, losgelaat. (Foto: Eugene Botes)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button