Sport

Tree weer na drie dekades aan vir Straatmyl

Die stad se inwoners kan naderstaan om op 2 November deel van die stad se geskiedenis te wees wanneer ‘n aandstraatmyl weer na 30 jaar plaasvind. Polokwane Atletiekklub (PAC) organiseer die historiese gebeurtenis ten bate van Polo­kwane Kinder- en Gesinsorgvereniging. Inskrywingsgeld kos R30 en medaljes word aan almal oorhandig wat die myl voltooi. “Weens die …

Die stad se inwoners kan naderstaan om op 2 November deel van die stad se geskiedenis te wees wanneer ‘n aandstraatmyl weer na 30 jaar plaasvind.
Polokwane Atletiekklub (PAC) organiseer die historiese gebeurtenis ten bate van Polo­kwane Kinder- en Gesinsorgvereniging.
Inskrywingsgeld kos R30 en medaljes word aan almal oorhandig wat die myl voltooi.
“Weens die feit dat ons die totale opbrengs aan die gesinsorgvereniging gee, is daar geen prysgeld nie,” sê Pieter Pretorius, wedlooporganiseerder van PAC wat ‘n beroep op inwo­ners, oud en jonk, doen om saam te stap of te hardloop.
Atlete spring op verskeie tye in Suidstraat weg en eindig by die Peter Mokaba Stadion. Registrasie sluit ‘n halfuur voor die bepaalde wegspringtyd wat as volg is:
Vroue: Ope kategorie – 17:45
Mans: Ope kategorie – 18:00
Vroue: Elite -18:20
Mans: Elite -18:40
Skakel Pretorius by 084 400 667 vir enige navrae.

Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button