Lentetrap dra R25 000 by tot Alex se prostese
‘n Oorhandigingseremonie is Saterdag in die Polokwane Wildreservaat gehou waar lede van die Polokwane Pedallers Cycling Club (PPCC), wat jaarliks die EH Hassim Lentetrap organiseer ‘n donasie van R25 000 wat tydens die byeenkoms ingesamel is, aan Alex van Dyk oorhandig het. Organiseerders van die Lentetrap kies jaarliks ‘n begunstigde vir die opbrengs van die …

‘n Oorhandigingseremonie is Saterdag in die Polokwane Wildreservaat gehou waar lede van die Polokwane Pedallers Cycling Club (PPCC), wat jaarliks die EH Hassim Lentetrap organiseer ‘n donasie van R25 000 wat tydens die byeenkoms ingesamel is, aan Alex van Dyk oorhandig het.
Organiseerders van die Lentetrap kies jaarliks ‘n begunstigde vir die opbrengs van die wedren en vanjaar was Van Dyk bo aan die ontvangerslys. Hy het in 2013 beide sy bene in ‘n motofietsongeluk verloor.
“Ek is baie dankbaar omdat ek ongeveer R270 000 nodig het om twee nuwe, beweegliker prosteses te koop om aktiewer te wees. Die prosteses wat ek tans het, is nie gemaak vir sportdeelname nie,” sê hy.
EH Hassim se bemarkingsbestuurder, Tawanda Moshapa sê dit is vir hulle ‘n voorreg om ‘n verskil in iemand se lewe te maak. “Ons wil veral die fietsryers wat die geleentheid ondersteun het, bedank want hul inskrywingsgeld het die donasie moontlik gemaak.”
PPCC-voorsitter, Chareen Thomas het klublede vir die organisering van ‘n suksesvolle wedren bedank.
Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
Hooffoto: Foto: Mohamed Vahora, EH Hassim assistent-algemene bestuurder, Roy Kirkpatrick, PPCC- sekretaris, en Chareen Thomas, PPCC-voorsitter, oorhandig ‘n tjek aan Alex van Dyk, naasregs.



