Sport

Splinternuwe marathonrekord vir Lutendo

In marathon- en ultramarathongeledere gaan Lutendo Mapoto se naam waarskynlik nog baie gehoor word. Hy het nie net Saterdag ‘n nuwe rekord van ‘n allemintige 2:18.55 in die Kaapsehoop 3-in-1 Marathon opgestel nie, maar die naaswenner met ses minute en 14 sekondes uitgestof. Mapoto is sedert Januarie vanjaar ‘n klublid van Pietersburg Road Runners (PRR) …

In marathon- en ultramarathongeledere gaan Lutendo Mapoto se naam waarskynlik nog baie gehoor word.
Hy het nie net Saterdag ‘n nuwe rekord van ‘n allemintige 2:18.55 in die Kaapsehoop 3-in-1 Marathon opgestel nie, maar die naaswenner met ses minute en 14 sekondes uitgestof.
Mapoto is sedert Januarie vanjaar ‘n klublid van Pietersburg Road Runners (PRR) en is oorspronklik van Elim naby Louis Trichardt.
Johan van der Merwe, bestuurslid van PRR en self ‘n uitstaande atleet, sê Mapoto woon sedert Oktober in die stad.
Met voormalige Two Oceans ultramarathon-wenner van PRR, Bethuel Netshifhefhe se onmisbare raad en die klubbestuur se aanmoediging en hulp, is dit die 28-jarige Mapoto se korttermyndoelwit om volgende jaar as Two Oceans-wenner gekroon te word.
“Mapoto is ‘n ongelooflike veelsydige atleet wat ewe goed oor kort afstande presteer. Hy hou die Park Run-rekord, 15:33, oor 5 km en het ook onlangs die straatmyl in die stad gewen,” sê Van der Merwe. Polokwane en Limpopo is met reg trots op hom.

Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Hooffoto: PRR-atleet, Lutendo Mapoto op pad na sy skittersege in Saterdag se Kaapsehoop 3-in-1 Marathon. (foto’s voorsien)

Lutendo Mapoto se nieamptelike wentyd.
Lutendo Mapoto se nieamptelike wentyd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button