Sport

Visvangkompetisie: Viljoen trek grote ter waarde van R50 000 uit

Meer as 100 papgooiers het Saterdag by ‘n dam op die plaas Sandrivier net buite die stad vir die jaarlikse Castle Light Catch 22 Bass Fishing Competition wat deur Tafelronde Pietersburg 22 aangebied is, saamgetrek. Hengelaars se hoop om die gemerkte baars met R50 000 prysgeld te vang het soos mis voor die son verdwyn …

Meer as 100 papgooiers het Saterdag by ‘n dam op die plaas Sandrivier net buite die stad vir die jaarlikse Castle Light Catch 22 Bass Fishing Competition wat deur Tafelronde Pietersburg 22 aangebied is, saamgetrek.
Hengelaars se hoop om die gemerkte baars met R50 000 prysgeld te vang het soos mis voor die son verdwyn nadat Roan Viljoen dié vis vroegoggend al uitgetrek het. Alhoewel die groot prys reeds vroeg opgeraap is, was daar ook ander pryse vir die swaarste vis in verskeie ouderdomsgroepe op die spel.
“Die kompetisie is vanjaar vir die sesde keer aangebied met jaarlikse goeie terugvoering van deelnemers. Die opbrengs sal later aan verskeie welwillendheidsorganisasies oorhandig word,” sê die sekretaris, Casper Gilfillan.

Foto’s: Verskaf
Kompetisie-organiseerder, Werner Marais en Roan Viljoen wat die gemerkte baars ter waarde van R50 000 uitgetrek het.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Kompetisie-organiseerder, Werner Marais en Roan Viljoen wat die gemerkte baars ter waarde van R50 000 uitgetrek het.

Walter Fraser en sy seun, Walter jr maak ‘n pa en seun-geleentheid van die visvangkompetisie.
Walter Fraser en sy seun, Walter jr maak ‘n pa en seun-geleentheid van die visvangkompetisie.
Casper Gilfillan en MJ Strydom saam met Lollie du Plooy wat die prys vir die swaarste vis in die vroue-afdeling gewen het.
Casper Gilfillan en MJ Strydom saam met Lollie du Plooy wat die prys vir die swaarste vis in die vroue-afdeling gewen het.
Die prys vir die swaarste vis in die mansafdeling word aan Jan du Plooy oorhandig. Saam met hom is Casper Gilfillan.
Die prys vir die swaarste vis in die mansafdeling word aan Jan du Plooy oorhandig. Saam met hom is Casper Gilfillan.
Zandré van Rooyen ontvang die prys vir die swaarste vis in die juniorkate­gorie. Saam met hom is Tafelronde-sekretaris, Casper Gilfillan.
Zandré van Rooyen ontvang die prys vir die swaarste vis in die juniorkate­gorie. Saam met hom is Tafelronde-sekretaris, Casper Gilfillan.
Callie Mouton laat waai met die aas.
Callie Mouton laat waai met die aas.
Ryan van Graan maak homself op ‘n eilandjie tuis.
Ryan van Graan maak homself op ‘n eilandjie tuis.
Herman Koelman probeer sy geluk in die water tussen die biesies.
Herman Koelman probeer sy geluk in die water tussen die biesies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button