Sport

Noordelikes se oumanne laat jonges les opsê

Die oumanne het Saterdag onoorwonne van die veld gestap na die tradisionele oumanne teen die jonges-wedstryd van Goldwagen Noordelikes. Die ouer garde het sedert die afskop druk op die jong spelers geplaas en vir die grootste deel van die eerste helfte in die jonges se doelgebied gespeel en selfs twee keer agter die pale gaan …

Die oumanne het Saterdag onoorwonne van die veld gestap na die tradisionele oumanne teen die jonges-wedstryd van Goldwagen Noordelikes.
Die ouer garde het sedert die afskop druk op die jong spelers geplaas en vir die grootste deel van die eerste helfte in die jonges se doelgebied gespeel en selfs twee keer agter die pale gaan kuier.
In die tweede helfte het die minder ervare jongspan hul sokkies begin optrek en kort-kort ‘n gaping deur die ouman­ne se verdediging tot by die doellyn gevind,.
Die wedstryd is met 22-17 in die oumanne se guns beslis.
Noordelikes-voorsitter, Shaun van der Merwe sê die wedstryd is ‘n jare lange tradisie om die jaar in goeie sportman­gees af te sluit.
“Die wedstryd bied geleentheid om al die spelers vir oulaas bymekaar te kry en lekker rugby te speel. Dit dien nie net as jaarafsluiting nie, maar ook as spanbou­geleentheid vir volgende jaar.”

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Hermanus Smit loop sy rieme styf teen die ouer garde.

Die oumanne se Tienie Janse van Rensburg pyl op sy opponent af.
Die oumanne se Tienie Janse van Rensburg pyl op sy opponent af.
Stefan Schoeman, een van die jongmanne gee vinnig die bal uit.
Stefan Schoeman, een van die jongmanne gee vinnig die bal uit.
Die oumanne se JM Myburgh soek hulp van ‘n spanmaat.
Die oumanne se JM Myburgh soek hulp van ‘n spanmaat.
Een van die oumanne, Juan de Beer loop sy opponent storm.
Een van die oumanne, Juan de Beer loop sy opponent storm.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button