Lewendigheid, aksie by Polokwane Action Sports
Polsende musiek, geesdriftige toeskouers en vuurwarm sportaksie het onlangs hoogty by Polokwane Action Sports se bane gevier. Aksienetbal- en -krieketligaspanne het mekaar die stryd aangesê waartydens blitsvinnige reaksies die koring van die kaf geskei het. Netbal en krieketspelers het uitstekende vaardighede getoon en alhoewel die mededinging kliphard was, was daar geen tekort aan goeie sportmanskap …

Polsende musiek, geesdriftige toeskouers en vuurwarm sportaksie het onlangs hoogty by Polokwane Action Sports se bane gevier.
Aksienetbal- en -krieketligaspanne
het mekaar die stryd aangesê waartydens blitsvinnige reaksies die koring van die kaf geskei het. Netbal en krieketspelers het uitstekende vaardighede getoon en alhoewel die mededinging kliphard was, was daar geen tekort aan goeie sportmanskap nie.
Die Hillbillys het in die Netbal A-liga as oorwinnaars weggestap terwyl die Jokers met ‘n tweede plek tevrede moes wees.
In die aksiekrieketliga het die Silwer Ferns teen die Raiders in die B1-mansliga koning gekraai.
Polokwane Action Sports het na Zunestraat 21 verskuif waar ‘n nuwe kroeg en restaurant na verwagting in April sal open.
Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za




