Jukskeispelers speel eerste ligawedstryde
Die eerste ligawedstryde van die seisoen het onlangs by die Pietersburg Jukskeiklub plaasgevind. In die A-afdeling het Pietersburg Juskeiklub koning gekraai, gevolg deur Nylstroom Jukskeiklub as naaswenners en die Tarentale Jukskeiklub van Mokopane in die derde plek. Die B-afdeling is deur Nylstroom oorheers gevolg deur die Tarentale en Thabazimbi Jukskeiklub. In die C-afdeling was Nylstroom …

Die eerste ligawedstryde van die seisoen het onlangs by die Pietersburg Jukskeiklub plaasgevind.
In die A-afdeling het Pietersburg Juskeiklub koning gekraai, gevolg deur Nylstroom Jukskeiklub as naaswenners en die Tarentale Jukskeiklub van Mokopane in die derde plek.
Die B-afdeling is deur Nylstroom oorheers gevolg deur die Tarentale en Thabazimbi Jukskeiklub.
In die C-afdeling was Nylstroom die sterkste span met Pietersburg tweede en Soutpan Jukskeiklub derde.
Na die ligawedstryde het spelers wat van 1 tot 6 April aan die Suid-Afrikaanse Senior Jukskeikampioenskappe in Kroonstad deelneem saam geoefen.
Storie en foto’s:RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com






