Sport

Ringtennisklub spog met nuwe borg

Polokwane Ringtennisklub is ge­reed vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat om die draai is, danksy ‘n ruim borgskap van BB Polokwane UD Trucks, voorheen bekend as BB Truck and Tractor en deel van die BB Motorgroep. Die span spog met splinternuwe wedstrydhemde wat hulle van dié handelaar ontvang het. Die kampioenskappe vind van 27 April tot …

Polokwane Ringtennisklub is ge­reed vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat om die draai is, danksy ‘n ruim borgskap van BB Polokwane UD Trucks, voorheen bekend as BB Truck and Tractor en deel van die BB Motorgroep. Die span spog met splinternuwe wedstrydhemde wat hulle van dié handelaar ontvang het.
Die kampioenskappe vind van 27 April tot 1 Mei in Vanderbijlpark plaas en die span van Polokwane sal teen spanne van Sedibeng, Mpumalanga, Gauteng-Noord en Gauteng Sentraal te staan kom. Na die afloop van die toernooi sal die Suid-Afrikaanse span aangekondig word.

Storie en foto: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button