Northam laat Noordelikes van die vloer af eet
Goldwagen Noordelikes sal Saterdag teen Louis Trichardt Rugbyklub moet uithaal en wys as hulle in die semifinaal van die jaarlikse Boet Fickliga wil speel. Dit nadat die rooi masjien se eerste- en tweedespan die naweek die knie teen Northam Rugbyklub moes buig. Noordelikes se tweedespan het eerste punte op die telbord gesit, maar het later …

Goldwagen Noordelikes sal Saterdag teen Louis Trichardt Rugbyklub moet uithaal en wys as hulle in die semifinaal van die jaarlikse Boet Fickliga wil speel.
Dit nadat die rooi masjien se eerste- en tweedespan die naweek die knie teen Northam Rugbyklub moes buig. Noordelikes se tweedespan het eerste punte op die telbord gesit, maar het later in die wedstryd stoom verloor en 19-27 verloor. Die eerstespan het ook hard probeer om deur Northam se verdediging te kom, maar kon slegs 13 punte teenoor hul opponente se 35 bymekaar maak. Daar is nog twee ligarondes oor voor die semifinaal op 22 Julie gespeel word met die finaal ‘n week later.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com






