Sport
Rolbalspelers skud vere reg vir SA’s, internasionale toer
Limpopospanne het Saterdag by die Polokwane Rolbalklub byeengekom ter voorbereiding van ‘n internasionale uitdagende toernooi wat voorlê. ‘n Formele oefendag is vir die provinsiale spanne gehou wat op 22 en 25 Januarie teen spanne van Engeland tydens hul Golden Tour na Suid-Afrika sal speel. Junior en senior spanne gaan mekaar pak en Limpopo hoop om …

Limpopospanne het Saterdag by die Polokwane Rolbalklub byeengekom ter voorbereiding van ‘n internasionale uitdagende toernooi wat voorlê.
‘n Formele oefendag is vir die provinsiale spanne gehou wat op 22 en 25 Januarie teen spanne van Engeland tydens hul Golden Tour na Suid-Afrika sal speel.
Junior en senior spanne gaan mekaar pak en Limpopo hoop om die Engelse ‘n ding of twee te wys. Wedstryde begin om 14:00.
Limpopospanne maak ook gereed vir die Suid-Afrikaanse Rolbalkampioenskappe wat in Maart vir seniors en April vir juniors gespeel word.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



