Sport
Laerskoolleerders pak mekaar om bestes in provinsie aan te wys
Na afloop van weke se kragmetings tussen laerskoolhokkiespanne van regoor die provinsie is die Limpopo Laerskole Hokkieliga se finaal Saterdag op Hoërskool Pietersburg se bane beslis. Die semifinale is gedurende die oggend gespeel en spanne het beste voetjie voorgesit om ‘n plek in die finaal, wat die middag gespeel is, te verseker. Die volledige uitslae …

Na afloop van weke se kragmetings tussen laerskoolhokkiespanne van regoor die provinsie is die Limpopo Laerskole Hokkieliga se finaal Saterdag op Hoërskool Pietersburg se bane beslis.
Die semifinale is gedurende die oggend gespeel en spanne het beste voetjie voorgesit om ‘n plek in die finaal, wat die middag gespeel is, te verseker.
Die volledige uitslae en tellings was teen druktyd beskikbaar nie, maar Laerskool Pietersburg-Oos het hul goed van hul taak gekwyt. Die o.11B- en tweedemeisiespanne is as wenners aangewys terwyl die o.11A-span as naaswenners uit die stryd getree het.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com






At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



