Vossies leer harde les teen PHS-krieketspanne
Hoërskool Pietersburg se krieketspanne bou steeds stoom op met hul volgehoue seges en is die gunstelinge in vanjaar se krieketliga. Die o.15A- en eerstespan het Saterdag vir Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen ore aangesit in hul onderskeie weg- en tuiswedstryd. Vossies se o.15A-span het die loot gewen, eerste gekolf en slegs 80 lopies almal uit …

Hoërskool Pietersburg se krieketspanne bou steeds stoom op met hul volgehoue seges en is die gunstelinge in vanjaar se krieketliga.
Die o.15A- en eerstespan het Saterdag vir Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen ore aangesit in hul onderskeie weg- en tuiswedstryd.
Vossies se o.15A-span het die loot gewen, eerste gekolf en slegs 80 lopies almal uit aangeteken waarop die Pieties met 81 lopies vir slegs een paaltjie antwoord. PHS wen die wedstryd met nege paaltjies.
Pieties se eerstespan het gekies om eerste hul staal in die kolfkampie te wys en teken 288 lopies vir nege in 50 beurte aan. Glen Groenewald en Ivan Reynecke was die uitblinkers met onderskeidelik 86 en 55 lopies.
Tydens Pieties se aanval haal hulle Vossies vir 111 lopies in 25,3 beurte uit wat hulle die wenners met 177 lopies maak.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com




