Sport

Gemengde welslae tydens PHS se Madeliefie

Die matrieks van Hoërskool Pietersburg het Vrydag vir oulaas hul spiere tydens die jaarlikse Madeliefie gebult deur teen die res van die skool op die hokkie- en netbalbaan sowel as op die rugbyveld kragte te meet. Die matrieks kon slegs op die netbalbaan met ‘n telling van 19-16 die oorhand kry en die hokkieseuns het …

Die matrieks van Hoërskool Pietersburg het Vrydag vir oulaas hul spiere tydens die jaarlikse Madeliefie gebult deur teen die res van die skool op die hokkie- en netbalbaan sowel as op die rugbyveld kragte te meet.
Die matrieks kon slegs op die netbalbaan met ‘n telling van 19-16 die oorhand kry en die hokkieseuns het die res van die skool met 4-2 ore aangesit.
Op die hokkieveld moes die matrieks die knie met 3-4 teen die res buig en op die rugbyveld het die matrieks hard probeer, maar die res se verdediging was te sterk en hulle kon slegs 5 punte teenoor die res se 24 aanteken.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Mishka Prinsloo, res, soek ondersteuning.
Hoofmeisie, Marcelle de Jager, in aksie.
Matriekspeler, Bernice Wagner.
JC de Beer, matriek, probeer ‘n resspeler omseil.
Amoré van der Linde, res, speel die bal doelkas toe.
Inge Brits van die matriekspan en Christine Rossouw van die res spook om balbesit.
Resspeler, Dian Geerkens, gee die bal agterlyn toe.
Edwill van Zyl, res, en oudhoofseun, Louis Nel, stoei om besit.
Ruan van Tonder van die resspan kry die bal uit die skrum na die agterlyn toe.
Louis Nel, matriek, wil sy opponent afstamp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button