Sport

PHS se aansien groei tydens nasionale o.17-toernooi

Die sewesrugbyspan van Hoërskool Pietersburg het tydens die School Sports SA se nasionale o.17-seweskampioenskap wat in Randburg plaasgevind het ‘n algehele derde plek verower nadat hulle in die semifinaal van die beker-afdeling die Stellenbossers geklop het. Volgens die skool se skakelbeampte, Elmari Craig, is die toernooi gedurende die skoolvakansie tussen 15 skole regoor die land …

Die sewesrugbyspan van Hoërskool Pietersburg het tydens die School Sports SA se nasionale o.17-seweskampioenskap wat in Randburg plaasgevind het ‘n algehele derde plek verower nadat hulle in die semifinaal van die beker-afdeling die Stellenbossers geklop het.
Volgens die skool se skakelbeampte, Elmari Craig, is die toernooi gedurende die skoolvakansie tussen 15 skole regoor die land beslis.
Pieties het op die eerste dag goed afgeskop en vir HTS Daniël Pienaar van Uitenhage met 24-21 geklop en daarna vir Middelburg 26-14 ore aan­gesit. Hulle het egter hulle rieme teen Paul Roos Gimnasium styfgeloop en met 19-32 die aftog geblaas.
In die kwarteindronde het hulle die Hoër Landbouskool Oakdale met 24-17 omgedop, maar moes in ekstra tyd die aftog teen Noord-Kaap met 10-15 blaas.
In die uitspeelstryd om die derde en vierde plek het hulle Paul Roos Gimnasium met 31-0 oorrompel en skitterspel gelewer.
“Pieties het ongelooflik goed presteer en van die top rugbyskole in die land uitgeskakel om oortui­gende oorwinnings te behaal,” sê Craig.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Dian Geerkens plettervat sy opponent.
Japie Wentzel loop homself teen die opponente se verdediging vas.
PHS se Rugbyspeler van die Jaar, Brandon Cronjé, word vasgevat.
Francois Koekemoer kies koers doellyn toe.
Jurgen von Houwald wen veld.
Taylor du Plessis ontwyk sy teenstander.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button