Sport

Twee van Pieties se krieketspanne is as provinsiale wenners gekroon

Die o.15A- en eerstekrieketspan van Hoërskool Pietersburg het Saterdag die pas aangegee in die Limpopo skolekrieketfinaal nadat hulle die hoërskole Ben Vorster en Merensky in hul onderskeie kragmetings laat sneuwel het. Beide spanne sal aan die einde van Novem­ber aan die Noordvaal-kwarteindronde deelneem. Die o.15A-span het Saterdag die loot gewen en gekies om eerste veldwerk …

Die o.15A- en eerstekrieketspan van Hoërskool Pietersburg het Saterdag die pas aangegee in die Limpopo skolekrieketfinaal nadat hulle die hoërskole Ben Vorster en Merensky in hul onderskeie kragmetings laat sneuwel het.
Beide spanne sal aan die einde van Novem­ber aan die Noordvaal-kwarteindronde deelneem. Die o.15A-span het Saterdag die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen. Hul haal al die Vossies vir 170 lopies in 39,2 beurte uit. Tydens Pieties se kolfbeurt steek hulle Vossies se telling in 40,5 beurte met twee paaltjies staande verby. Die topkolwers, Eduan Gobey en Tiaan van den Heever, het elk 33 lopies behaal.
Die eerstespan het dieselfde resep gevolg en tydens die loting ook gekies om eerste veldwerk te doen. Merensky teken 201 lopies almal uit in 45,3 beurte aan. Tydens Pieties se kolfbeurt moker Glen Groenewald (61) en LJ Fick (78) die balle telkens grens toe om te verseker dat hulle met vyf paaltjies staande die Plasies se tel­ling verbysteek.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Ivan Reyneke, PHS se eerstespanspeler, is ‘n kranige veldwerker.
PHS se eerste­spanspeler, Glen Bezuidenhout, op die aanval tydens sy boulbeurt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button