Sport

Johan van Graan stad se eerste parkrun-toeris

Die bekende langafstandatleet van Polokwane Athletic Club en ywerige parkrun-deelnemer, Johan van Graan (72) het nog ‘n hoogtepunt bereik deur die eerste parkrunatleet te word wat sy toerisstatus verwerf het. Om dié status te verwerf moet ‘n parkrun-lid aan minstens 20 parkruns op verskillende plekke in Suid-Afrika deelneem. Van Graan het gedurende die afgelope drie …

Die bekende langafstandatleet van Polokwane Athletic Club en ywerige parkrun-deelnemer, Johan van Graan (72) het nog ‘n hoogtepunt bereik deur die eerste parkrunatleet te word wat sy toerisstatus verwerf het.
Om dié status te verwerf moet ‘n parkrun-lid aan minstens 20 parkruns op verskillende plekke in Suid-Afrika deelneem. Van Graan het gedurende die afgelope drie jaar in dorpe soos onder andere Ballito, Uvongo, Pretoria, Johannesburg, Secunda, Durban en Standerton deelgeneem. Die laaste parkrun om sy status te behaal was op 24 November by Waterfall, Mall of Africa.
Van Graan is bekend vir sy toewyding oor langafstande en het reeds 11 Comradesmarathons voltooi, het in 1994 die eerste Polokwane-atleet geword wat ‘n 100 myl in Mpumalanga aflê en die eerste atleet wat drie marathons in 24 uur voltooi.
Hy het reeds 169 parkruns op sy kerfstok. “Parkrun het baie gewild geword en ek wil mense aanmoedig om elke Saterdag deel te neem. Die atmosfeer is wonderlik en daar is geen verskoning nie omdat daar so baie dorpe regoor die land is waar parkrun aangebied word,” sê Van Graan.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button