Sport

Capricorn-ruiters presteer in uithourit

Ses van Capricorn Uithouritklub se ruiters het tydens die naweek se kompetisie wat buite Mokopane aangebied is, uitsonderlik presteer. Meer as vyftig ruiters het aan die kompetisie wat deur Letaba Uithouritklub aangebied is, deelgeneem. Die ruiters het die roete as skouspelagtig beskryf, maar bygevoeg dat dit een van die moeilikste in Suid-Afrika is en goeie …

Ses van Capricorn Uithouritklub se ruiters het tydens die naweek se kompetisie wat buite Mokopane aangebied is, uitsonderlik presteer.
Meer as vyftig ruiters het aan die kompetisie wat deur Letaba Uithouritklub aangebied is, deelgeneem. Die ruiters het die roete as skouspelagtig beskryf, maar bygevoeg dat dit een van die moeilikste in Suid-Afrika is en goeie voorbereiding vir die jaarlikse Fauresmithbyeenkoms is.
Lente Schutte het ‘n eerste plek in die 80 km junior-afdeling verwerf terwyl Ingrid Kenmuir nie net ‘n tweede plek behaal het nie, maar ook as beste voorbereide ruiter en perd aangewys is. Zané Barnard was derde.
Yolandi Boon het ‘n silwermedalje in die 80 km liggewig-afdeling ingepalm asook die prys vir die bes voorbereide perd en ruiter.
In die 80 km standaardgewig-afdeling het Werner Kenmuir ‘n tweede plek verower terwyl Audrey Marais in die swaargewig-afdeling ook ‘n tweede plek inpalm.
Sportmangees het ook erkenning ontvang. Jeandré Ehlers het die Spirit of Endurance-trofee ontvang nadat hy ‘n ander jong ruiter in die 40 km vergesel het toe sy van haar perd afgegly en haar enkel beseer het.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Lente Schutte wat die eerste plek in die 80 km junior-afdeling verwerf het.
Werner Kenmuir in aksie tydens die naweek se uithourit buite Mokopane.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button