Stad bied 50ste SA ringtennistoernooi aan
Limpopo se ringtennisspan het die provinsie se naam hoog gehou toe hulle verlede Donderdag tot Saterdag in die A-afdeling van die 50ste Suid-Afrikaanse Ringtennistoernooi wat in die stad aangebied is, met ‘n goue medalje uit die stryd getree het. Gauteng-Noord en Sedibeng was onderskeidelik tweede en derde. Met die teenwoordigheid van ‘n span uit Duitsland …

Limpopo se ringtennisspan het die provinsie se naam hoog gehou toe hulle verlede Donderdag tot Saterdag in die A-afdeling van die 50ste Suid-Afrikaanse Ringtennistoernooi wat in die stad aangebied is, met ‘n goue medalje uit die stryd getree het. Gauteng-Noord en Sedibeng was onderskeidelik tweede en derde.
Met die teenwoordigheid van ‘n span uit Duitsland sowel as spanne van Limpopo, Gauteng-Noord en -Sentraal en Sedibeng was die bane ten alle tye gepak met spelers wat mekaar gedurende die drie dae die stryd aangesê het.
Gauteng-Noord het verder met die louere in die B- en C-afdeling weggestap terwyl Limpopo die algehele tweede plek in die B-afdeling ingepalm het.
Verskeie spelers is vir die nasionale span verkies, maar die naamlys kon teen druktyd nie verskaf word nie. Drie Polokwane-spelers van een gesin, Liam, Mari en Arina Grobler is vir die Suid-Afrikaanse o.21-uitnodigingspan gekies. Sien storie elders.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com







