Jaarlikse Lentetrap vroeg in nuwe maand
Bergfietsentoesiaste kan solank hul vere regskud vir die jaarlikse Lentetrap wat op 7 September in die Polokwane Wildreservaat aangebied word. Diegene wat belangstel kan reeds aanlyn by www.rorevents.co.za inskryf. Aanlyninskrywings sluit op 4 September, maar daar sal steeds geleentheid wees vir laatinskrywings om die Vrydag voor die wedren by Savannah Mall van 17:30 tot 19:00 …

Bergfietsentoesiaste kan solank hul vere regskud vir die jaarlikse Lentetrap wat op 7 September in die Polokwane Wildreservaat aangebied word.
Diegene wat belangstel kan reeds aanlyn by www.rorevents.co.za inskryf. Aanlyninskrywings sluit op 4 September, maar daar sal steeds geleentheid wees vir laatinskrywings om die Vrydag voor die wedren by Savannah Mall van 17:30 tot 19:00 gedoen te word. Inskrywings sal ook op die dag van die wedren van 06:00 tot 07:30 toegelaat word.
Deelnemers het ‘n keuse om in die 72 km of 36 km afstande mee te ding wat onderskeidelik om 08:00 en 08:15 wegspring. Die 16 km pretrit begin om 08:30. Die onderskeie wedrenne se inskrywingsfooi beloop R220, R170 en R70. Daglisensies vir die twee groot wedrenne is teen R35 beskikbaar.
Die afsnytyd is om 13:00 en almal wat die wedren voltooi sal ‘n medalje ontvang. Pryse is vir kategoriewenners op die spel en gelukkige trekkings sal ook deur die loop van die dag gehou word.
Die Lentetrap word volgens die reëls en regulasies van Fietsry Suid-Afrika aangebied en geen deelnemer sal toegelaat word om sonder ‘n valhelm te ry nie.
Vir meer inligting skakel Aubrey Thomas by 082 376 3532.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



