Sport

Lentetrap dié naweek in plaaslike wildtuin

Alhoewel die aanlynregistrasies vir die jaarlikse Lentetrap reeds gesluit het, kan bergfietsentoesiaste steeds more (Vrydag) en Saterdagoggend voor die wegspring vir die gesogte wedren inskryf. Belangstellendes kan more by Savannah Mall vanaf 17:30 tot 19:00 inskryf of Saterdag vanaf 06:00 tot 07:30 by die Polokwane Wildreservaat registreer voordat die eerste groep fietsryers om 08:00 wegspring. …

Alhoewel die aanlynregistrasies vir die jaarlikse Lentetrap reeds gesluit het, kan bergfietsentoesiaste steeds more (Vrydag) en Saterdagoggend voor die wegspring vir die gesogte wedren inskryf.
Belangstellendes kan more by Savannah Mall vanaf 17:30 tot 19:00 inskryf of Saterdag vanaf 06:00 tot 07:30 by die Polokwane Wildreservaat registreer voordat die eerste groep fietsryers om 08:00 wegspring.
Deelnemers het ‘n keuse om in die 72 km of 36 km afstande deel te neem wat onderskeidelik om 08:00 en 08:15 wegspring. Die 16 km pretrit begin om 08:30. Die onderskeie wedrenne se inskrywingsfooi beloop R220, R170 en R70 onderskeidelik. Daglisensies vir die twee groot wedrenne is teen R35 beskikbaar.
Die afsnytyd is om 13:00 en almal wat die wedren voltooi sal ‘n medalje ontvang. Pryse is vir kategoriewenners op die spel en gelukkige trekkings sal ook deur die loop van die dag gehou word. Die Lentetrap word ingevolge die reëls en regulasies van Fietsry Suid-Afrika aangebied en geen deelnemer sal toegelaat word om sonder ‘n valhelm te ry nie. Vir meer inligting skakel Aubrey Thomas by 082 376 3532.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button