Veerpyltjieklub kroon bestes vir die jaar
Die plaaslike veerpyltjieklub, Flying Rabbits het Vrydagaand die jaar met ‘n prysuitdeling afgesluit waartydens verskeie klublede met van die toptoekennings weggestap het. Louwrens van Staden, Speler van die Jaar en Speler van die Jaar in die A-afdeling is verder vereer vir sy prestasie in die tweede-, derde-, vierde- en vyfde liga en eindig bo aan …

Die plaaslike veerpyltjieklub, Flying Rabbits het Vrydagaand die jaar met ‘n prysuitdeling afgesluit waartydens verskeie klublede met van die toptoekennings weggestap het.
Louwrens van Staden, Speler van die Jaar en Speler van die Jaar in die A-afdeling is verder vereer vir sy prestasie in die tweede-, derde-, vierde- en vyfde liga en eindig bo aan die lys van beste Club 180-spelers. Sy prestasies hou nie daar op nie en hy word ook aangewys as kampioen van kampioene en deel die toekenning as dubbelwenner met WP Roets.
Toekennings is ook gemaak aan: Koos Prinsloo, beste in Killer-liga; Tienie Kloppers, 100% teenwoordig 2019, toegewydste speler; WP Roets, 100% teenwoordig 2016 tot 2019; Nadia Meiring, Vrouespeler van die Jaar, beste vordering; Pote Pretorius, Speler van die Jaar in die B-afdeling; Noel van Rensburg, Dropper van die Jaar; Herman Kok, Klubman van die Jaar en Eddie Kruger, spelers se Speler van die Jaar.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com









