Sport

FOTO’S: Jukskeispanne gooi skeie in klubkampioenskappe

Die top drie spanne in die onderskeie afdelings (A, B en C) sal hulle klubs in Pretoria verteenwoordig.

POLOKWANE – Tientalle spelers het Saterdag by die Pietersburg Jukskeiklub opgedaag om aan die tweede liga van die seisoen deel te neem.

Alhoewel hulle hard gepoog het om die dag te wen, moes spanne ook hul beste voetjie voor sit om genoeg punte bymekaar te maak om vir die Gauteng Klubkampioenskappe te kwalifiseer, wat dié naweek in Pretoria aangebied word.

Die gesamentlike punte van die eerste twee ligas van die seisoen word gebruik om te bepaal watter spanne na die klubkampioenskappe deurdring.

Die top drie spanne in die onderskeie afdelings (A, B en C) sal hulle klubs in Pretoria verteenwoordig.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button