Skuts breëbors na kompetisie
Die skuts van die HPP Luggeweerskietklub spog met 'n ryk medalje-oes na die naweek se Luggeweerskietkompetisie by die CVO-skool Potgietersrus waarin altesaam 35 skuts van sewe skole meegeding het.
MOKOPANE – Leerders van CVO, HPP, Hoërskool Ben Vorster, Hoërskool Louis Trichardt, Laerskool Koedoeskop, Hoërskool Pietersburg en Marné Ebersohn Akademie het meegeding om spogpryse te behaal.
Uitslae is as gevolg:
Zelda Genis, ‘n leerder van die CVO-skool Potgietersrus is as skut van die dag vereer. As o/21 sporterskut raap sy drie medaljes en ‘n sertifikaat vir haar eerste plek in die 3P afdeling (lê, staan en kniel), in die 10 m staan en algeheel op.
Christo Jordaan, ‘n vurige veerskut (o/21) het ‘n eerste plek in die 3P afdeling, in die 10 m staan en algeheel losgeskiet. Hy pronk met drie medaljes en ‘n sertifikaat. Nathan Kotze, ‘n leerder van Laerskool Krugerpark, het as alt veerskut (o/10) ‘n medalje en ‘n sertifikaat vir sy gesogte tweede plek in die lê posisie verwerf.
Jolene de Beer van HPP het in die o/21 sporterskut afdeling ‘n derde plek in die 3P afdeling, in die 10 m staan en algeheel raak gekorrel en spog dus met drie medaljes en ‘n sertifikaat.
Adrian Hurn van Laerskool Krugerpark het in die o/14 sporterafdeling ‘n agtste plek in die 3P afdeling, in die 10 m staan en algeheel ingepalm.
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za