Bosveld SportSport

Eerstes gereed

WANNEER Potties Rugbyklub en Northams mekaar Vrydagaand op die veld van Hoërskool Piet Potgieter pak, gaan die koring van die kaf geskei word.

MOKOPANE – WANNEER Potties Rugbyklub en Northams mekaar Vrydagaand op die veld van Hoërskool Piet Potgieter pak, gaan die koring van die kaf geskei word.

Potties en Northam is tans die voorlopers in die liga en het ook verlede jaar in die eindstryd teen mekaar gespeel. Potties se eerstes het tot nou gewys hulle verdien hul plek bo aan die punteleer. Die span het verlede Vrydag teen Thabazimbi gespeel en met 40 – 10 gewen.

Leslie Venton, sterk voorryman van Potties, sê die wedstryd is voorlangs in die vaste fasette gedomineer en Oliver Moorcroft was hier ‘n uitblinker wat gehelp het om balbesit af te neem.

Die kaptein, Phil Herselman het gesorg vir goeie lynstaanwerk en is ook as die speler van die wedstryd aangewys. Kieron van der Merwe, skrumskakel, het met ses van sy sewe skoppe pale toe, geslaag. Alwyn Olivier, losskakel, het na dryf en maal bewegings twee keer agter die doellyn gaan kuier. Hans du Plessis, Antony Hawken, Renier Labuchagne en Herselman het ook oorgeduik en die punte opgeskuif.

Die klub vra dat die gemeenskap hulle Vrydagaand kom ondersteun. Bring gerus ‘n piekniekmandjie of ‘n vleisie om oor die kole te braai.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button