Bosveld SportSport

HPP ransel Nylies af

DIE hokkiebokkies van Hoërskool Piet Pot het verlede Saterdag teen Hoërskool Nylstroom van Modimolle kragte gemeet op hul tuisveld en al hul wedstryde gewen.

MOKOPANE – DIE hokkiebokkies van Hoërskool Piet Pot het verlede Saterdag teen Hoërskool Nylstroom van Modimolle kragte gemeet op hul tuisveld en al hul wedstryde gewen. Die spelers wil hul status as die wintersport vlagskip van Piet Pot behou en sit als in sodat hulle nie deur die rugbyspanne onttroon word nie wat vanjaar goeie rugby speel.

Die rugbyspanne het ook almal met die Nylies afgereken, behalwe vir die o/14’s wat naelskraap verloor het. Die hokkie-, netbal- en rugbyspanne, kom Saterdag teen Hoërskool Ben Viljoen van Groblersdal op HPP se sportveld te staan. Die spelers vra die gemeenskap om hulle te kom ondersteun.

Die hokkie-uitslae van die wedstryde teen die Nylies met die speler van die wedstryd in hakies:

o/14A : wen 4-0 (Jo-Ann Korff).

o/15A : wen 6-0 (Michelle Duvenhage).

o/16A : wen 3-1 (Riëtte Uys).

2des : wen 6-1 ( Jana-Lené van Eck).

1stes : wen 2-1 (Jana Kirchner).

Die rugby-uitslae met die speler van die wedstryd in hakies:

o/14 : 29-32 (Simphiwe Tjale).

o/15 : 40-0 (Abel Kotze).

o/16 : 27-19 (Johnty Darvall).

2de : 33-12 (Kokkie Grobbelaar).

1ste : 22-5 (Brandon Collins).

Hierby foto’s van die wedstryde deur die kameralens van Charmaine Lourens en Ockert van der Westhuizen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button