Bosveld SportSport

Kansa gholfdag

DIE Sanlam Kanker Uitdaging-gholfdag by die Kameeldoring-gholfklub verlede Saterdag het gesorg vir 'n vol baan van 59 spelers.

MOKOPANE – DIE Sanlam Kanker Uitdaging-gholfdag by die Kameeldoring-gholfklub verlede Saterdag het gesorg vir ‘n vol baan van 59 spelers.

Die wenners van die drie afdelings in die mansafdeling is in die A-afdeling Antony Hawken ‘n eerste plek los geslaan met 43 punte. In die B-afdeling het Jonas Muthato ‘n eerste plek opgeraap met 47 punte en in die C-afdeling het Francois Duvenhage koning gekraai met 39 punte.

In die vroueafdeling is Armanda Kruger met 39 punte as wenner in die A-afdeling gekroon. In die B-afdeling het Janice van Staden met 43 punte ‘n eerste plek opgeraap en in die C-afdeling het Nadine Bruce die nommer een posisie ingepalm.

Willem de Kock, senior finansiële beplanner van Sanlam, het die volgende kanker eis persentasies meegedeel vir 2014 en 2015: melanoomkanker het ‘n eis van 2,6% opgelewer in 2014 en vir die eerste drie maande in 2015 is daar reeds ‘n eis van 3,3% ingedien. Prostaatkanker het ‘n eis van 2,9% in 2014 ingedien en 3,7% sover vir 2015. Die eis vir borskanker in 2014 was 4,4% en vir 2015 trek dit al by 23%.

Volgens de Kock is 7% van kankerpasiënte tussen die ouderdom van 26 tot 35, 24,07% tussen die ouderdom van 36 tot 45, 38,86% tussen die ouderdom 46 tot 55 en 29% bo die ouderdom van 55.

“Hierdie persentasies is ‘n duidelike bewys van die erns van kanker in ons land en daarom waardeer ons die ondersteuning van die spelers op die gholfdag.

Sanlam het verlede jaar meer as 32 miljoen rand ten bate van die bevegting van kanker ingesamel,” sê de Kock.

Ansie van Heerden, Kansa verteenwoordiger, vra dat die gemeenskap asseblief die Kansa relay in groot nommers in Augustus moet ondersteun.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button