Bosveld SportSport

Ruiter galop hier, oorsee

RALIEN de Beer weet hoe om die beste uit 'n perd te haal of dit nou hier op eie bodem of oorsee is.

MOKOPANE – RALIEN de Beer weet hoe om die beste uit ‘n perd te haal of dit nou hier op eie bodem of oorsee is.

Ralien (16) het onlangs aan ‘n internasionale uithourit-kampioenskappe (SAIC) deelgeneem en onder die FEI 120km jong ruiters (14-21jr) ‘n welverdiende tweede plek opgeraap. Hierdie knap ruiter het in Maart as deel van ‘n Suid-Afrikaanse skolespan in Frankryk deelgeneem waar haar span vierde klaargemaak het. Sy het in April in Chile gaan ry waar sy gekwalifiseer het om in Oktober aan die Junior Wêrelduithouritkampioenskappe deel te neem.

Ralien het op sesjarige ouderdom begin om perdrylesse te neem. Die perde op haar ouers se plaas het haar van kleintyd af gefassineer en in plaas van popspeel was sy eerder buite in die natuur.

Sy sê dit verg baie dissipline, deursettingsvermoë en oefen om bo uit te kom in hierdie sportsoort. Haar gunsteling perd is Arkab Talafat, ‘n rooibruin vos.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button