Posduiwe vind blitsvinnig hul pad terug huistoe
DIE Sportman Amateur Posduifklub se duiwe het verlede naweek vanaf Heilbron huistoe gevlieg en 'n jaaroud duif uit die hokke van Barend Viljoen was eerste terug, terwyl 'n duif van Fanie Viljoen die ope-afdeling gewen het.

MOKOPANE – DIE Sportman Amateur Posduifklub se duiwe het verlede naweek vanaf Heilbron huistoe gevlieg en ‘n jaaroud duif uit die hokke van Barend Viljoen was eerste terug, terwyl ‘n duif van Fanie Viljoen die ope-afdeling gewen het.
Van Biljoen se wenduif het ‘n spoed van 70,5 km per uur gehandhaaf en Viljoen se duif se spoed was 68,5 km per uur.
Die duiwe het hulself oortref.
Die uitslae van die jaaroud-vlug:
Barend Viljoen – 1, 5, 12, 13, 14 en 21.
Fanie Viljoen – 2, 8 en 11.
Tiaan Marais – 3, 6, 9 en 15.
Johan van Zyl – 4, 7, 16, 19 en 20.
Van Rooyen Hokke – 10 en 17.
Louis Rossouw – 18.
Die uitslae van die Heilbron ope-afdeling was as volg:
Fanie Viljoen – 1, 8, 10, 12, 13, 14, 15, 17 en 24.
Tiaan Marais – 2, 4, 11, 18, 19, 20, 21 en 25.
Johan van Zyl – 3, 5, 9, 16 en 22.
Barend van Biljon – 6, 7 en 29.
Van Rooyen Hokke – 23, 28 en 30.
Louis Rossouw – 26 en 27.



